Die Regsfakulteitstrust

TRUST​

Inleiding en agtergrond

Die Fakulteit Regsgeleerdheid (die “Fakulteit”) spog met ʼn trotse tradisie sedert die stigting daarvan in 1921. Verskeie vooraanstaande alumni het blywende indrukke op die samelewing gemaak; beide in Suid-Afrika asook wêreldwyd. Ons glo dat die Fakulteit op hiverdie grondslag moet voortbou om graduandi van uitnemendheid te lewer. Om hierdie doel te bereik, moet ons benadering op twee belangrike beginsels gebaseer wees: Akademiese personeel moet hoogs gekwalifiseerd en toeganklik wees en tweedens moet ʼn verwelkomende ruimte geskep word waarbinne die Fakulteit suksesvolle studente kan voorberei en mee betrokke wees. Of, anders gestel: “[W]ith a view to strengthening the rule of law and the administration of justice, we want to support legal education and research of the highest order”.

Om egter die volgende regter-presidente op te lewer, en die geledere van diegene wat werklik in die reg geleerd is, te ondersteun en onderrig te verskaf, verg aansienlike en bykomende befondsing. Hierdie behoefte het gelei tot die stigting van die Regsfakulteitstrust (die “Trust”) in 2013. Trustkapitaal beloop tans ʼn gesonde bedrag, hoofsaaklik as gevolg van die mildelike bydraes van alumni en vriende van die Fakulteit. Ons doelwit is om teen die eeufees in 2021, R100 miljoen in te samel.

law-trust-ou-hoofgebou-skuins stellenbosch

Aanwending van fondse

Die Trust ondersteun en befonds verskeie projekte, onder meer beurse vir nagraadse studente wat LLM (navorsing) en LLD grade behaal. Waar nodig, bied die Trust ook ondersteuning aan akademiese personeel insluitend befondsing vir navorsingsgeleenthede (internasionaal en plaaslik), navorsingsinisiatiewe soos referate by konferensies en die reël van navorsingseminare. ʼn Voorbeeld wat dit illustreer, is dié van ʼn dosent wat Oxford Universiteit bygewoon het en daar ʼn eerste klas BCL behaal het. Hy is tans ʼn senior dosent aan die Fakulteit. ʼn Verdere belangrike projek is die werwing en behoud van akademiese personeel; aangesien ons prominente dosente gereeld geteiken word deur beide plaaslike asook internasionale instellings met werwing-aanbiedings. ʼn Onlangse voorbeeld van die werwing van uitmuntende personeel is die stigting van die Leerstoel in Sosiale Geregtigheid (2018), met professor Thuli Madonsela as eerste posbekleër (https://socialjustice.sun.ac.za/) (Die Trust finansier hierdie leerstoel saam met die Visekanselier van die Universiteit van Stellenbosch.) Die Trust ondersteun ook die befondsing van akademiese materiaal, in die besonder boeke, aangesien die US ʼn beperkte bedrag tot hierdie behoefte bydra. Uitstaande biblioteek hulpbronne is onontbeerlik tot regsnavorsing en vir die opleiding van regstudente. Die Trust voorsien ook befondsing vir innoverende projekte: Die Skryflaboratorium is ʼn verdere Trust-inisiatief wat uit die wete gebore is dat alhoewel ons regstudente van ʼn hoë gehalte is, hulle nie noodwendig oor die nodige skryfvaardighede vir hulle regsstudies en uiteindelik die regsberoep beskik nie. Die Trust erken ook akademiese prestasies deur ʼn prys vir die beste presteerders te gee. Laastens dra lesings deur buitelandse en besoekende akademici sowel as praktiserende regspraktisyns by tot die uitnemendheid en “tuis internasionalisering”. Die Trust ondersteun dus besoeke deur internasionale akademici wat bydra tot akademiese debatte en steun die Fakulteit se personeel om uitstekende internasionale netwerke te bou en te onderhou.

Hoe kan u help?

Maak asseblief ʼn skenking aan die Trust. U is meer as welkom om te spesifiseer vir welke doel of projek u geld aangewend moet word. Hierdie skenkings kan die vorm van geld of genoteerde aandele aanneem (uitsluitend kapitaalwinsbelasting) en die betrokke belastingvrystelling is van toepassing. Vir meer besonderhede, kliek hier, of hier om ʼn skenking te maak.

Ten slotte

Suid-Afrikaanse universiteite is onder voortdurende finansiële druk en indien ons, as alumni en vriende, streef om die Fakulteit se beeld verder te bou en nie slegs die huidige gehalte en standaarde te handhaaf nie, maar dit ook te verbreed, moet ons die Fakulteit ondersteun en ʼn bydrae maak tot hierdie doelwitte.

stellenbosch-law-trust-mountains
law-trust-oak-leaves

TRUSTEES

CHRIS OTTO (CHAIRMAN)

BCOM (LAW) (1970) LL B (1972) (STELL)

Chris is ‘n entrepreneur en ʼn stigterslid van die PSG Groep, en was deel van die span wat Capitec Bank gestig het. Hy dien steeds as direkteur van beide maatskappye. Ná sy gradeplegtigheid het hy 25 jaar in Johannesburg deurgebring waartydens hy onbepaalde mense- en sakekennis opgedoen het. Hy woon sedert 1997 in Stellenbosch. Beide sy kinders is alumni van die Universiteit en hoop hy dat sy kleinkinders ook eendag Maties sal word.

GEORGE STEYN

BA (LAW) (1983) LL B (1985) (STELL)

George het aan Paarl Gimnasium gematrikuleer. Hy het onmiddellik ná gradeplegtigheid by die PSG-groep aangesluit en is in 2005 as besturende direkteur aangestel. Hy het in hierdie posisie, tot sy aftrede in 2011, gedien. Hy dien ook op die Raad van die US. George woon tans in Stellenbosch saam met sy vrou, Miets. Hulle is ook die trotse ouers van vier kinders, almal US-alumni.

PROFESSOR GERHARD LUBBE

BA (LAW) LL B (STELL) LLM (YALE)

Professor Lubbe het in 1977 sy professionele akademiese loopbaan as ‘n dosent in Privaatreg aan die Fakulteit begin. Professor Lubbe het in 2005 en 2006 vir gedeeltes van die jaar as dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid waargeneem. Hy het vir vyf jaar as dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid gedien en in 2012 uitgetree as dekaan. Professor Lubbe se hoof-navorsingsvelde sluit in kontraktereg, sessie en estoppel, en het hy ekstensief in hierdie areas gepubliseer. Hy volg in die voetspore van die legendariese professor JC de Wet. Hy is getroud met Lyn en die trotse pa van drie dogters.

MICHIEL LE ROUX

BCOM LL B (1972) DCOM (HC) (STELL)

Michiel het aan die Universiteit gegradueer en daarbenewens ʼn eredoktorsgraad in Handelsreg ontvang vir sy baanbrekerswerk op die gebied van bankwese. Gedurende sy termyn aan die US was hy woonagtig in Eendrag, waar hy in sy eerste jaar ʼn kamer met die voorsitter van die Regsfakulteitstrust, Chris Otto, gedeel het. Michiel woon sedert 1968 in Stellenbosch en vier van sy kinders het reeds aan die US gradueer.

PAUL MEAKER

BA (LAW) LL B (1975) (STELL)

Paul het aan Groote Schuur Hoërskool gematrikuleer en daarna regte aan die Fakulteit studeer. Hy het vir amper drie dekades as prokureur gepraktiseer. Die grootste gedeelte was as vennoot by Cluver Markotter. Sy huidige beroep is dié van sakeman te Stellenbosch. Hy is getroud met Erna en die vader van drie kinders, almal alumni van die Universiteit. Hulle woon tans in Stellenbosch.

PROFESSOR STAN DU PLESSIS

HonsBCOM (1994), MPHIL (CANTAB) (1996), PHD (STELL) (2003)

Stan du Plessis is ʼn makro-ekonoom aan die US  waar hy die hoofbedryfsbeampte en voormalige Dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Hy is ook ʼn Professor in Ekonomie en spesialiseer in makro-ekonomie en monetêre beleid. Hy het al die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank en Nasionale Tesourie adviseer. Hy het studeer aan die universiteite van Cambridge en Stellenbosch, sowel as die Wharton Besigheidskool en is ʼn voormalige President van die Ekonomiese Vereniging van Suid-Afrika. Hy het al in die volgende navorsingsgebiede gepubliseer: Makro-ekonomie, Monetêre-ekonomie, Internasionale Finansies, Fiskale Beleid, Ekonomiese geskiedenis asook Geskiedenis, Filosofie en Publieke Teologie.

STEVE GEORGALA

BCOM (LAW) (1979) LL B (1981) (STELL) HDIP CO LAW (WITS)

Steve het sy klerkskap by die bekende Groot Vyf-prokureursfirma, Webber Wentzel, voltooi en is daarna oorgeplaas na die Luxembourg kantoor van die firma in 1984. Steve was as vennoot aangewys van Webber Wentzel in 1987. In 1990 is die Europese kantore van Webber Wentzel omskakel in Maitland. Steve was instrumenteel in die uitbreiding van Maitland Internasionaal Beperk na die internasionale finansiële dienste verskaffer wat dit vandag is. Hy dien tans as Hoof Uitvoerende Beampte van die Maitland Groep. Hy is getroud met Corrie en het drie kinders wat tans in Londen woon.

RODNEY AFRICA

BA (LAW) LL B (1996) (STELL) ADV DIP (NWU) (2002)

Rodney het aan die Universiteit Stellenbosch gegradueer met BA (Regte) en LL B grade en ook sy gevorderde diploma in Arbeidsreg ontvang van die Noord-Wes Universiteit. Hy is tans ‘n vennoot van die bekende Groot Vyf-prokureursfirma, Webber Wentzel, wat in alliansie is met die internasionale firma Linklaters. Hy het in Stellenbosch groot geword en bly tans in Rondebosch saam met sy vrou Lolita en dogter Jade. Rodney het ook ‘n beurs vir minderbevoorregte studente by die Universiteit, wat hy persoonlik befonds sedert 2010.

FRITZ BRAND

SC BA (LAW) LL B (1972) (STELL) LL M (CUM LAUDE) (STELL) LL D (HC) (UFS)

Fritz het aan die Stellenbosch Universiteit gegradueer met ‘n LL B graad in 1972. Gedurende sy studies was hy saam met Chris Otto en Michiel le Roux saam in die klas en koshuis Eendrag vir 5 jaar. Fritz het ook ‘n LL M graad van Stellenbosch Universiteit ontvang, sowel as ‘n LL D (honoris causa) van die Universiteit van die Vrystaat. Tussen 1973 en 1976 het hy doseer by hierdie Fakulteit Regsgeleerdheid en tussen 1977 en 1992 het hy as advokaat aan die Kaapse Balie gepraktiseer, waar hy in 1990 ‘n Senior Advokaat geword het. Van 1992 was hy ‘n regter van die Kaapse Hooggeregshof tot sy aanstelling as Appèlregter van die Appèlhof van Suid Afrika in 2000. Na sy aftrede van die Hof in Mei 2015, het hy juridiese aanstellings geneem in die Appèlhof van Botswana, die Hooggeregshof van Fiji en die Internasionale Kommersiële Hof van Qatar. Hy is ‘n Buitengewone Professor in Privaatreg aan die Universiteit van die Vrystaat en ‘n Emeritus Professor van Regte van Stellenbosch Universiteit.

LOUIS DU PREEZ

BCOM (REGSGELEERDHEID) LLB (STELL)

Louis het hom in 1997 as prokureur van die Hooggeregshof van Suid-Afrika bekwaam nadat hy sy klerkskap voltooi het. Louis het by Jan S de Villiers aangesluit en is in 1998 as ‘n vennoot van die firma aangestel. Met die samesmelting van Werksmans Prokureurs in 2009 het hy lid van die nasionale uitvoerende komitee van die gekombineerde firma geword en as sodanig gedien tot vroeg in 2017. Terwyl hy as prokureur gepraktiseer het, het hy kliënte oor ‘n verskeidenheid korporatiewe en kommersiële aangeleenthede raad gegee. Louis is op 1 Oktober 2017 as ‘n nie-uitvoerende direkteur in die direksie van KAP Industrial Holdings Limited aangestel en het op 1 April 2019 bedank. Hy het in die middel van 2017 by die Steinhoff-groep aangesluit as hoof regsadviseur, hy is in Desember 2017 as die kommersiële direkteur van Steinhoff International Holdings NV aangestel en met ingang van 1 Januarie 2019 is hy uitvoerende hoof van Steinhoff International Holdings NV.

KONTAK

law-trust-lawyer
lawtrust-briefcase

Sou u ‘n donasie wou maak, volg asseblief die volgende instruksies:

  1. Volg hierdie skakel.
  2. Vir enige donasies vir die Trust, dui asseblief die skenker se naam aan en gebruik 9720/5373 as u verwysing.
  3. Stuur asseblief bewys van betaling na lawtrust@sun.ac.za.

STELLENBOSSE
REGSFAKULTEIT
100 JAAR
Cupidae legum iuventuti
STELLENBOSCH
LAW FACULTY
100 YEARS
Cupidae legum iuventuti
Andreas van Wyk, Gerhard Lubbe & Albert Grundlingh
216pp
978-0-620-9634-8
law-trust-book-hardcover
R750
Incl. VAT (Hardeband | Hardcover)
ou-hoofgebou
R1,250
Incl. VAT (Luukse getekende leergebonde uitg. | Luxury signed leather bound ed.)
law-facutly-small-logo

Bankbesonderhede

Rekeninghouer: US Deposit Account
Bank: Standard Bank
Rekeningnommer: 073006955
Takkode: 050610
Verwysing: Donasie / Naam of Anoniem

Bankbesonderhede

 

Rekeninghouer: US Deposit Account
Bank: Standard Bank
Rekeningnommer: 073006955
Takkode: 050610
Verwysing: Donasie/Naam of Anoniem